Die gebruik van die interaktiewe witborde in
Suid-Afrika is nog baie uitdagend. Nie alle skole in Suid-Afrika is op
dieselfde vlak, wat tegnologie betref, nie. Vir voorheen benadeelde skole is
dit egter ‘n groot tekortkoming.
Interaktiewe witborde maak dit moontlik vir
kinders om hulle leer in ‘n ander tipe vorm te ervaar. Dit is anders as die
tradisionele manier van skryf op die swartbord. Dit stel ook die onderwyser in
staat om meer uit ‘n les te kry. Die gebruik van die interaktiewe witborde
verminder die tyd wat vermors word met die skryf op ‘n swartbord. Dus, sal daar
meer tyd beskikbaar wees vir onderrig en leer om plaas te vind. Interaktiewe
witborde maak ook van die klaskamer ‘n minder formele spasie.
In my vakgebied sal ‘n interaktiewe witbord ideaal
wees. Veral in Rekeningkunde, waar daar baie verduidelikings sal wees. Ek sal
prente uitbeeld deur middel van die interaktiewe witbord. Kinders leer baie
makliker met die behulp van prente. Hulle onthou die prente baie langer as
suiwer teorie. Ek sal ook my leerders toelaat om die interaktiewe witbord te
gebruik tot hulle voordeel. Hulle moet vry voel om iets uit te beeld daarop.
In Besigheidstudies sal ek koerantartikels klas
toe bring en dit meedeel met my leerders op die interaktiewe witbord. Alhoewel dit
‘n baie teorietiese vak is, bly dit ook baie aktueel. Die gebruik van die
koerantartikels sal die leerders se gedagtes minder van die baie leerwerk
afhaal en meer laat fokus op die aktualiteit van die vak. Die interaktiewe
witbord sal Besigheidstudies verander in ‘n praktiese, allerdaagse vak.
Interaktiewe witborde sal die leerders ook
motiveer om deel te neem aan klasgesprekke en inspireer om te leer. Dit is ook
belangrik dat die regte onderwyser geallokeer is met die gebruik van ‘n
interaktiewe witbord. ‘n Onderwyser wat nie belangstel aan die moderne
tegnologie nie, sal nie die interaktiewe witbord suksesvol benut nie. Om op
hoogte te wees van die nuutste tegnologie kan
ook uitdagend wees vir ‘n Suid-Afrikaanse onderwyser. Baie
Suid-Afrikaanse onderwysers is nie eers gekwalifiseerd nie, en dit beperk die
gebruik van ‘n inteaktiewe witbord.
Die leerders sal baie baatvind by ‘n interaktiewe
witbord. Dit stel die leerders bloot aan baie meer as net leer. Leerders kan
hulself verbeel dat hulle skoolwerk nou verduidelik word deur middel van ‘n
fliek. Skoolgaan sal dan so ‘n opwindende en genotvolle gees bring.
Interaktiewe witborde is egter ‘n reg vir leerders
by sekere skool, maar sal dus ‘n voorreg vir ander Suid-Afrikaanse leerders
bly.
No comments:
Post a Comment