Saturday, 2 April 2016

Interaktiewe witborde is werklik interaktief!

Die gebruik van die interaktiewe witborde in Suid-Afrika is nog baie uitdagend. Nie alle skole in Suid-Afrika is op dieselfde vlak, wat tegnologie betref, nie. Vir voorheen benadeelde skole is dit egter ‘n groot tekortkoming.
Interaktiewe witborde maak dit moontlik vir kinders om hulle leer in ‘n ander tipe vorm te ervaar. Dit is anders as die tradisionele manier van skryf op die swartbord. Dit stel ook die onderwyser in staat om meer uit ‘n les te kry. Die gebruik van die interaktiewe witborde verminder die tyd wat vermors word met die skryf op ‘n swartbord. Dus, sal daar meer tyd beskikbaar wees vir onderrig en leer om plaas te vind. Interaktiewe witborde maak ook van die klaskamer ‘n minder formele spasie.
In my vakgebied sal ‘n interaktiewe witbord ideaal wees. Veral in Rekeningkunde, waar daar baie verduidelikings sal wees. Ek sal prente uitbeeld deur middel van die interaktiewe witbord. Kinders leer baie makliker met die behulp van prente. Hulle onthou die prente baie langer as suiwer teorie. Ek sal ook my leerders toelaat om die interaktiewe witbord te gebruik tot hulle voordeel. Hulle moet vry voel om iets uit te beeld daarop.
In Besigheidstudies sal ek koerantartikels klas toe bring en dit meedeel met my leerders op die interaktiewe witbord. Alhoewel dit ‘n baie teorietiese vak is, bly dit ook baie aktueel. Die gebruik van die koerantartikels sal die leerders se gedagtes minder van die baie leerwerk afhaal en meer laat fokus op die aktualiteit van die vak. Die interaktiewe witbord sal Besigheidstudies verander in ‘n praktiese, allerdaagse vak.
Interaktiewe witborde sal die leerders ook motiveer om deel te neem aan klasgesprekke en inspireer om te leer. Dit is ook belangrik dat die regte onderwyser geallokeer is met die gebruik van ‘n interaktiewe witbord. ‘n Onderwyser wat nie belangstel aan die moderne tegnologie nie, sal nie die interaktiewe witbord suksesvol benut nie. Om op hoogte te wees van die nuutste tegnologie kan  ook uitdagend wees vir ‘n Suid-Afrikaanse onderwyser. Baie Suid-Afrikaanse onderwysers is nie eers gekwalifiseerd nie, en dit beperk die gebruik van ‘n inteaktiewe witbord.
Die leerders sal baie baatvind by ‘n interaktiewe witbord. Dit stel die leerders bloot aan baie meer as net leer. Leerders kan hulself verbeel dat hulle skoolwerk nou verduidelik word deur middel van ‘n fliek. Skoolgaan sal dan so ‘n opwindende en genotvolle gees bring.

Interaktiewe witborde is egter ‘n reg vir leerders by sekere skool, maar sal dus ‘n voorreg vir ander Suid-Afrikaanse leerders bly.